Gaste-akkommodasie & Aktiwiteite-vereniging, Plettenbergbaai
 
Afrikaans Website Dutch Website French Website Italian Website
spesiale aanbiedings

Kliek vir meer inligting op ons Engelse databasis
Plett se Restaurante
Soek u 'n restaurant?

Kliek vir meer inligting op ons Engelse databasis
Plett se Weer
Hoe lyk die weer in Plettenbergbaai?

Kliek vir meer inligting op ons Engelse databasis
Valutaruiltransaksies
Moet u vasstel wat die uitruilkoers is?

Kliek hier
Plettenbergbaai se Straatkaart
Straatkaart van Plettenbergbaai

Kliek vir meer inligting op ons Engelse databasis
AKKOMMODASIE
Die GAA van Plettenbergbaai het 4 kategorieë akkommodasie:
   BED EN ONTBYT
Definisie
Bed- en Ontbyt-akkommodasie word gewoonlik in 'n (private) gesinswoning verskaf en die eienaar/bestuurder woon in die huis of op die perseel. Ontbyt word gewoonlik bedien. Badkamergeriewe kan en-suite en/of privaat wees of nie. Oor die algemeen deel die gas die openbare dele van die huis met die gasheer se gesin.
   RUGSAKREISIGERS / JEUGHOSTEL
Definisie
'n Onderneming wat akkommodasie bied aan rugsakreisigers en/of diegene wat in jeughostelle tuisgaan verskaf gewoonlik gemeenskaplike geriewe, wat slaapsale insluit, maar bied moontlik 'n reeks alternatiewe slaapplekke. Slegs ondernemings wat voorsiening maak vir gaste wat 'n kort rukkie bly (reisende publiek) kwalifiseer vir gradering.
   PLATTELANDSE GASTEHUIS (COUNTRY HOUSE)
Definisie
‘n Plattelandse gastehuis is ‘n groot gastehuis, gewoonlik geleé in ‘n natuurlike, rustige omgewing soos naby ‘n natuurreservaat, ‘n bos, ‘n meer, ens. Dit bied al die geriewe van ‘n hotel, etes ingesluit.
   GASTEHUIS
Definisie
'n Gastehuis is òf 'n huis, herehuis, ens wat omskep en aangepas is om oornagbesoekers te huisves, of is gebou vir daardie doel. 'n Gastehuis word as kommersiële onderneming bedryf en word dikwels deur die eienaar bestuur. 'n Gastehuis het openbare plekke wat eksklusief deur die gas gebruik word. Die eienaar/bestuurder woon op 'n ander plek of in 'n aparte plek op die perseel.
   HERBERG (LODGE)
Definisie
'‘n Herberg verskaf akkommodasie in ‘n landelike en natuurlike omgewing. Gewoonlik word wildbesigtigingstoere, slagveldtoere, en ander ervarings wat deur die herberg aangebied word, by die tariewe ingesluit,. Alle maaltye word gewoonlik voorsien (kos en drankies). Die gradering van akkommodasie geld alleen vir die gasvryheidsaspekte van die Herberg en nie die ervarings nie.
   SELFSORG
Definisie
'n Huis, kothuis, chalet, huthuis, woonstel, ateljee, villa, boothuis, tente of soortgelyke akkommodasie waar geriewe en toerusting verskaf word sodat gaste vir hulleself kan sorg. Die geriewe moet voldoende wees vir die maksimum aantal bewoners wat volgens die advertensie daar gehuisves kan word.
   HOTEL
Definisie
‘n Hotel voorsien akkommodasie aan die reisende publiek, het ‘n ontvangsarea en bied ten minste ‘n ontbytsaal of gemeenskaplike eet area aan. Gewoonlik verskaf ‘n hotel kos en drankies aan gaste, alhoewel die dienste moontlik deur ‘n buite party voorsien mag word, indien nie deur die hotel self nie.



Website designed & hosted by
S2 Web Solutions