|
|
Gaste-akkommodasie & Aktiwiteite-vereniging, Plettenbergbaai |
|
|
|
| |
|
Welkom op Plett - Plettenbergbaai - die aller-mooiste en mees dramatiese kusdorp in Suid-Afrika.
Gholf, strande, eko-toerisme, avonture - daar is soveel redes waarom Plett op Suid-Afrika se Tuinroete as kusbestemming verkies word. En die GAA (Gaste-akkommodasie & Aktiwiteite-vereniging) sal seker maak dat u die heel beste akkommodasie geniet terwyl u hier vertoef.
PLETT - PERFEK
Perfekte weer, perfekte skoonheid, perfekte atmosfeer - dit spel Plett Perfek. Perfek om te verken - en ook perfek as u liewer wil ontspan en glad niks wil doen nie.
Plett is 'n rustige en bekoorlike dorpie vol gasvryheid met 'n verruklike uitsig oor 'n uitgestrekte halfmaanvormige baai langs die warm Indiese Oseaan. Die myle der myle ongerepte strande bied dramatiese rotsagtige skiereilandjies en interessante strandmere. Op die agtergrond troon inheemse woude hoog uit. Inderdaad die perfekte speelgrond vir 'n vakansie.
Die natuurliefhebber vind Plett 'n paradys met die natuurreservate en Nasionale Parke wat dit omring. Hou walvisse en dolfyne dop, bespied voëls en gaan stap, vaar met 'n kajak, ry fiets - hoe u ook al die natuur geniet, dis perfek in Plett.
HOE OM HIER TE KOM
Plett lê langs die breë nasionale roete N2 wat goed in stand gehou word, ongeveer 550 km oos van Kaapstad en 250 km wes van Port Elizabeth - albei roetes is aangenaam en bied 'n gerieflike rit deur die aller-mooiste landskap. Klein vliegtuigies kan land op die dorp se eie lughawe terwyl groter lughawens by George (90 km) en Port Elizabeth (250 km) groter vliegtuie bedien.
GAA
U word verseker van 'n warm en vriendelike verwelkoming by elk van die ondernemings wat lid is van die Gaste-akkommodasie- & Aktiwiteite-vereniging van Plettenbergbaai.
Kies uit meer as 30 plekke om te bly - almal word deur eienaars bestuur en voldoen aan die streng kriteria van GAA. Baie is deur die Automobiel Assosiasie (AA) en die Toerismegraderingsraad van Suid-Afrika gegradeer. Hulle bied almal uitstekende diens en die heel modernste geriewe.
GAA-lede waarborg vriendelike, persoonlike diens om seker te maak dat u verblyf altyd Plett perfek sal wees.
GHOLF : EKO-TOERISME : STRANDE
U sal meer as 100 aktiwiteite vind wat vir ontspanning in die Plettenbergbaai-gebied gereël word.
Gholf, see-kajakke, kano's, perdry, reservate vir diere, mariene safari's, wildreservate, bungi-spring (die wêreld se hoogste), abseil, wonderlike strande ... wat ook al u begeerte vir die dag, dis perfek in Plettenbergbaai.
|
|
|
|
|
Website designed & hosted by
