Perfekte weer, perfekte skoonheid, perfekte atmosfeer - dis Plett perfek. Perfek om te verken - en ook perfek as u liewer wil ontspan en glad niks wil doen nie.
Die natuurliefhebber vind Plett 'n paradys met die natuurreservate en Nasionale Parke wat dit omring. Hou walvisse en dolfyne dop, bespied voëls en gaan stap, vaar met 'n kajak, ry fiets - hoe u ook al die natuur geniet, dis perfek in Plett
Ons beveel die volgende aan as die beste om te doen:
- Eko-toerisme
Eko-toerisme beteken om die ongetemde landskappe (soos inheemse woude of moeder oseaan) op te soek met lewendige en opvoedkundige toere wat die besoeker, die omgewing en die mense wat in die gebied woon bevoordeel ... En dit maak Plett perfek vir eko-toerisme.