DIE GAA
Die Gaste-akkommodasie- & Aktiwiteite-vereniging van Plettenbergbaai (GAA) het sy bestaan om te verseker dat die hoë standaard van bed- en ontbytplekke, gastehuise en hotelakkommodasie en toeriste-aantreklikhede in Plettenbergbaai voortdurend gehandhaaf word
DIE GAA: AKKOMMODASIE-LEDE
Ons uitgelese lys akkommodasie-lede dui op die gehalte van hulle ondernemings. Al die Lid-ondernemings is onderhewig aan die lidmaatskapsvereistes van die GAA. Die sulkes wat deur die nasionaal erkende graderingskema's geïnspekteer word soos die Suid-Afrikaanse Toerismegraderingsraad en/of die Automobiel Assosiasie (AA) van Suid-Afrika, vertoon die betrokke logo's
Dit beteken dat wanneer u by een van die lid-ondernemings van die GAA oorbly, u warm en vriendelik verwelkom word en uitstekende persoonlike diens geniet - en dat u akkommodasie van gehalte en uitstekende waarde vir geld sal kry.
Tien goeie redes om die GAA te ondersteun:
- U word warm en vriendelik verwelkom;
- U word verseker van uitstekende persoonlike diens (al die lid-ondernemings word persoonlik deur die eienaars bestuur);
- U kry waarde vir geld;
- Ons lede ken die plaaslike omstandighede baie goed en word voorsien van plaaslike brosjures wat die hele omgewing dek;
- Ons lede voorsien u van kortingsbewyse vir plaaslike aantreklikhede en restaurante;
- Ons lede bespreek plaaslike toere, aantreklikhede en restaurante namens u;
- Lid-ondernemings word deur die Suid-Afrikaanse Toerismegraderingsraad en/of die Automobiel Assosiasie van Suid-Afrika geïnspekteer en gegradeer;
- U motor sal snags veilig wees;
- Lede bespreek plaaslike vervoer en reël dat besoekers na en van die Lughawens geneem en gehaal word;
- U bly dan in Plettenbergbaai - en dis perfek.
Klink dit verloklik?
Gaan hierheen en kies u perfekte akkommodasie in Plettenbergbaai.
DIE GAA: AKTIWITEITE-LEDE
Soos met die akkommodasie-lede, verskaf die geringe aantal aantreklikhede op die GAA-lys unieke produkte van gehalte. GAA se Aktiwiteite-lede bied aangename en opwindende vermaak, avonture, toere en aantreklikhede wat persoonlike veiligheid en etiese omgewingspraktyke van die hoogste standaarde waarborg.
Klink dit verloklik?
Gaan hierheen en kies u perfekte avonture in Plettenbergbaai